Tuesday, 28 April 2009

Sirkulasiesyfers is slegte nuus

Die jongste sirkulasiesyfers vir Amerikaanse dagblaaie het Maandag nog slegte nuus vir dié beleërde bedryf gebring.

Die gemiddelde daaglikse sirkulasie van 395 VSA-koerante het in die eerste kwartaal van die jaar met 7,09% gedaal.

Daaglikse gemiddelde sirkulasie vir die drie maande tot 31 Mei het tot 34,4 miljoen gedaal, van 37,1 miljoen ’n jaar gelede.

Die sirkulasie van 557 Sondagkoerante het ook in die eerste kwartaal met 5,37% afgeneem tot 42,1 miljoen. ’n Jaar gelde was dit 44,5 miljoen.