Pendelaars moes Donderdag nog steeds van alternatiewe vervoer gebruik maak omdat busse van die Tshwane-metroraad steeds stilstaan. Busbestuurders neem al drie dae aan ‘n onwettige staking deel.
Die busbestuurders, lede van die vakbond Samwu, het vroeër ook gestaak en kla onder meer oor rassisme, korrupsie en onbillike skofte.