Wednesday, 22 April 2009

Elektrisiteitsvoorsiening stabiliseer

Eskom het gesê elektrisiteitsvoorsiening het gestabiliseer sedert vroeg verlede jaar en dat daar nog nie weer kragonderbrekings was sedert April nie.

“Ons het geen beurtkrag gesien sedert April 2008 nie,” het die hoof-uitvoerende beampte, Jacob Maroga, gesê.

Die regering het toegegee dat hy jare lank te min belê het in elektrisiteitsvervaardiging, wat gelei het tot kroniese kragtekorte nadat die ekonomie vooruitgegaan het en die aanvraag na elektrisiteit gegroei het.

“Dit was die mees ontwrigtende elektrisiteitsversteuring in die geskiedenis van die land,” het Maroga gesê.