Thursday, 16 April 2009

President se broer gearresteer

Die broer van die Togolese president is Woensdag gearresteer nadat hy verdink word daarvan dat hy die regering probeer oorneem het terwyl die president oorsee was.

President Faure Gnassingbe het sy reis na China kanselleer nadat hy gewaarsku is dat ‘n staking op hande was. Hy is ook later in kennis gestel dat ‘n aanval op nasionale sekuriteit gekeer is.

Kpatcha Gnassingbe, ‘n voormalige minister, is gearresteer in Lome nadat hy die Amerikaanse ambassade, waar hy geskuil het, verlaat het.