Friday, 17 April 2009

Rekenaarwurm teiken Twitter

Die mikro-blogging webwerf Twitter is oor die Paasnaweek geteiken deur virusaanvalle, het ‘n mede-stigter van die webwerf gesê.

Die selfvermeerderende rekenaarwurm het veroorsaak dat baie gebruikers ongewenste boodskappe ontvang en gestuur het, maar het geen skade veroorsaak nie.

Geen geheime kodes, wagwoorde of sensitiewe inligting het uitgelek nie.