Tuesday, 28 April 2009

China verbied varkvleisinvoere

China het invoere van varkprodukte uit Meksiko en dele van Amerika verbied met onmiddellike effek, is bekend gemaak in ‘n verklaring wat Maandag geplaas is op regeringswebwerwe.

Die verbod is daarop gemik om te keer dat varkgriep versprei na China, het die ministerie van landbou en die algemene administrasie van kwaliteitstoesighouding, inspeksie en kwarantyn in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Invoere vanaf die State van Texas, Kansas en Kalifornië word geraak deur die skuif, volgens die verklaring.