Johan Rossouw, die hoof ekonoom en strateeg by Vunani Securities, het Vrydag gesê dat swak ekonomiese inligting wat onlangs ontvang is – veral in die kleinhandelsektor, die vervaardigingsuitsette asook inflasievooruitsigte – dui daarop dat die repokoers verder gesny sal word.
Die hoof ekonoom van die Reserwebank, Monde Mnyande, het gesê die plaaslike en internasionale ekonomiese vooruitsigte het weer verswak.
Die inkrimping duur steeds voort en dit blyk asof ekonomiese herstel langer gaan neem om te materialiseer.