Monday, 20 April 2009

Transnet bekom R915m

Transnet het ‘n R915m geleen by ‘n Finse uitvoer kredietagentskap vir die aankoop van toerusting vir hawes, het die vervoermaatskappy Vrydag gesê.

Die maatskappy is besig om ‘n R80 miljard kapitaalbestedingsprogram oor vyf jaar uit te voer.

Waarnemende hoof-uitvoerende beampte, Chris Wells, het gesê die maatskappy is volgens skedule met skuldbefondsingsplanne.