Thursday, 30 April 2009

Varkgriepvrese affekteer olieprys

Oliepryse was taamlik onstabiel op Oosterse markte Donderdag weens vrese dat varkgriep sou versprei en ‘n ekonomiese herstel knou in Amerika.

Ligte soet ru-olie vir aflewering in Junie, het ‘n sent geval tot op $50.96 per vat.

Daar word egter verwag dat die oliemark sal herstel veral aangesien dit blyk dat dat daar groter aanvraag is.