Monday, 20 April 2009

‘Regerings reageer te stadig’

Regerings regoor die wêreld tree te stadig op wanneer dit kom by die opruiming van hul banke se balansstate, meen die Internasionale Monetêre Fonds se hoof, Dominique Strauss-Kahn.

Hy sê dis belangriker om banke te help om van hul “giftige” bates ontslae te raak as om geld in die ekonomie te pomp deur hulppakkette. Kanselier Angela Merkel beplan ’n blitsvergadering om ’n plan om dié bates van die banke te verwyder, te beraam.