Kleinhandelverkope in Februarie is 4.5% laer as dieselfde tyd verlede jaar, wat bevestig dat die ekonomie hom in ’ n resessie bevind, aldus Investec-ekonoom Annabel Bishop.
Dié syfer dui op die verbruiker se gewilligheid om geld te spandeer en is ’n belangrike indikator van die ekonomie, aangesien spandering in huishoudings sowat 60% van die Bruto Binnelandse Spandering uitmaak. Handelaars in duursame produkte het die swakste gevaar met ’n 5.2% afname.