Tuesday, 28 April 2009

Einde van Pontiac

Pontiac, die beroemde motornaam bekend vir sy stylvolle sedans en gespierde tweesitplekmotors, is die jongste slagoffer van General Motors se stryd om oorlewing.

GM het Maandag verdere herstruktureringsplanne aangekondig. Nog 21 000 werkers gaan afgelê word en Pontiac word teen die einde van 2010 heeltemal uitgefaseer.

Die eerste Pontiac is in 1926 gebou en was in daardie jaar een van Amerika se topverkopers. Vandag veteenwoordig dit minder as 2% van Amerikaanse motorverkope.