Monday, 27 April 2009

Kos al duurder

Voedselpryse by groot supermarkte het toegeneem met ‘n gemiddelde 5.5% sedert Januarie, het die vakbond Solidariteit Sondag gesê.

Pick n Pay se pryse het met 8% gestyg oor die afgelope vier maande, terwyl Spar en Checkers se pryse met 3 en 5% op is, het woordvoerder Jaco Kleynhans gesê.

Die vakbond het ‘n beroep gedoen op winkels om pryse te sny om verbruikers te help.