Wednesday, 29 April 2009

Vrag lugvervoer stabiliseer

Die vraag na vrag lugvervoer het hierdie maand gestabiliseer, ten spyte van die wêreldwye ekonomiese krisis.

‘n Woordvoerder van die Internasionale Lugvervoervereniging, (Iata), Giovanni Bisignani, sê die toenemende kommer oor menslike varkgriep kan egter ‘n groot impak op lugvervoer hê, maar “veiligheid bly soos altyd ons eerste prioriteit. Iata werk nóu saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie en hou die toestand fyn top.”