Siviele dagvaardings oor skuld het toegeneem in Februarie, het Statistiek SA Donderdag laat blyk.
Daar was ‘n 15% toename in die hoeveelheid dagvaardings vir die eerste drie maande van die jaar en daar was ook ‘n toename in siviele hofsake wat met skuld verband hou.
Nedbank ekonoom Carmen Altenkirch het gesê daar word vooruitgesien dat meer huishoudings bankrot verklaar sal word gedurende die res van die jaar.
Dit hoof oorsaak is werkloosheid, wat ook na verwagting sal toeneem.