Die rand het stabiel vertoon vroeg Donderdagoggend na die land se nasionale verkiesing relatief glad verloop het.
Teen twaalfuur het die rand op R8.9025 gestaan teenoor die dollar en R11.6388 teenoor die euro en R12.8690 teenoor die pond.
‘n Ekonoom van Standard Bank het gesê die mark kyk nog nie juis na die nuus nie.