Saturday, 18 April 2009

China soek elektriese voertuie

Ten spyte van die globale resessie, dring China daarop aan dat motorvervaardigers hul hibriede en elektriese voertuie blootstel aan die Chinese mark, die enige groot mark wat tans steeds groei toon.

Shangai se tweejaarlikse motorskou begin Maaandag, en “nuwe energie” voertuie, soos dit deur die Chinese genoem word, sal vertoon word.

Daar is nog geen elektriese voertuie op die Chinese paaie nie, behalwe vir ‘n paar eksperimentele busse. Beijing wil binne die volgende drie jaar $1,5 miljard bestee aan die ontwikkeling van nuwe energie voertuie.