Friday, 17 April 2009

Botswana verminder diamante

Botswana, die wêreld se grootste diamantprodusent, gaan die vervaardiging van diamante met bykans die helfte verminder, weens die tekort in aanvraag van diamante.

Debswana, wat gesamentlik deur die Botswana regering en De Beers besit word, het in ‘n verklaring gesê dat 15 miljoen karat diamante hierdie jaar vervaardig gaan word, teenoor die 33 miljoen karat van verlede jaar.