Timothy Geithner , sekretaris van die VSA se Tesourie, het op die vooraand van die Groep van 20 se vergadering in Washington Vrydag gesê globalisering versprei die effek van die ekonomiese afswaai teen ’n geweldige tempo.
“Toe dit goed gegaan het, het ons almal in verwondering gekyk hoe globalisering die pas van ekonomiese aktiwiteit en integrasie versnel het,” het hy gesê.
“Nou leer ons dat, in tye van inkrimping, globalisering die problem net so vinnig en kragtig na alle ekonomieë wêreldwyd versprei, ongeag of hulle relatief sterk of meer kwesbaar is.”