Monday, 27 April 2009

Ekonomie raak wynindustrie

Volgens sommige kenners sukkel die SA wynindustrie in die huidige ekonomiese klimaat, maar ander meen weer dat daar nie probleme met verkope is nie.

Tai Collard, die besturende direkteur van Wine of the Month Club, ‘n aanlyn bemarker van wyn, sê wynverkope het ernstig geval weens die ekonomiese krisis en hoër aksynsbelasting.

Hy reken die plaaslike mark het nie gegroei nie en dat die Engelse mark ook sukkel.

Maar Ray Edwards, die drankbestuurder vir Spar, reken dat verkope nie geval het nie en dat dit lyk asof mense net soveel soos vroeër drink.