Oliepryse het geval tot onder $46 per vat Dinsdag in Asië nadat daar opnuut twyfel ontstaan het oor die toestand van Amerikaanse banke.
Internasionale markte het angstig gereageer op nuus nadat daar gewag word op die regering se “strestoets” om te sien of banke meer geld sal moet leen.
David Moore, ‘n aandele-strateeg, het gesê die olieprys word bepaal deur houdings ten opsigte van die ekonomie en dat daar tans baie struikelblokke is vir ‘n internasionale herstel.