Thursday, 30 April 2009

Chrysler-werkers stem ja

Chrysler-werkers het Woensdag gestem en goedgekeur dat ‘n nuwe kontrak tussen Chrysler en die Italiaanse motorvervaardiger, Fiat, gemaak moet word, wat die weg gebaan het vir ‘n samesmelting wat deur die Amerikaanse regering goedgekeur word.

“Dit was ‘n uitdagende tyd vol onsekerheid en benoudheid vir ons lede,” het die United Auto Workers vakbond gesê.

Die besluit was moeilik gewees vir die lede, het die president Ron Gettelfinger gesê, maar rus op die besef dat die ooreenkoms poste red en Chrysler ‘n kans gee op oorlewing.