Jean-Claude Trichet, president van die Europese Sentrale Bank, meen die wêreld se ekonomie gaan nie voor aanstaande jaar herstel nie en dat 2009 nog 'n swaar jaar gaan wees voor die herstel in 2010 begin.
Hy het in ’n toespraak in Tokio gesê die Europese Sentrale Bank sal in Mei besluit oor onkonvensionele wyses om die ekonomie te help.
In Washington het die besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds, dr Dominique Strauss-Kahn, ook ’n herstel in 2010 voorspel.
"Die oplossing sal wissel van land tot land, maar daar moet 'n gekoördineerde reaksie wees," het Strauss-Kahn gesê.