Van Europa se bes bewaarde geheime moet Donderdag op die lappe kom wanneer die spertyd verstryk vir lande om te verklaar wie die ontvangers van die Europese Unie se ruim landbousubsidies is.
Byne 40% van die EU se begroting word aan dié subsidies bestee.
Die identiteit van die ontvangers en die bedrae wat hulle ontvang moet op webwerwe bekend gemaak word.
In 2007 het dié subsidies ongeveer €55 miljard (R643 miljard teen Maandag se koers) beloop, Van die 27 lidlande, het Frankryk die meeste daarvan ontvang.