Die eerste keer sedert 2005 verlaat meer maatskappye die Johannesburgse Effektebeurs in vergelyking met maatskappye wat genoteer word.
Die beurs sê 12 maatskappye het tot dusver vanjaar hul notering gestaak, terwyl slegs drie genoteer is. Dit bring die getal genoteerde maatskappye van 425 tot 416 te staan.