Die Duitse motorvervaardiger, Volkswagen, beplan ‘n oorname van die spogmotorvervaardiger, Porsche, het die pers Donderdag berig.
Die direkteure van VW, die grootste Europese motorvervaardiger, oorweeg tans om ‘n aanbod te maak vir Porsche AG wat die hoofmaatskappy, Porsche SE, uit die skuld sal help.
Amper vier jaar gelede het Porsche probeer om VW oor te neem, ‘n maatskappy wat 15 keer meer motors verkoop.