Wednesday, 22 April 2009

Nando's in die sop

Kitskoskettingwinkel Nando’s sal Donderdag die ANC tesourier, Mathews Phosa en die Jeugliga-leier, Julius Malema, ontmoet weens klagtes oor Nando’s se “walglike” advertensies.

Nando’s se woordvoerder, Sylvester Chauke, het gesê hulle was verbaas oor die dreigement van “militante aksie” aangesien Malema self glo nie ontsteld was oor die advertensieveldtog nie.