Die vakbond Solidariteit het Telkom gevra vir salarisverhogings van 16%, het die vakbond Woensdag gesê.
Solidariteit vra ook dat ‘n moratorium geplaas word op all postebesnoeiings.
Telkom se vorige aanbod van ‘n 7.5% verhoging, is deur die vakbond verwerp. Hy sê dit sou ‘n verhoging van 6.5% vir die meeste werkers wees wat net te min is.