Vakbonde is bevrees dat Paarl Print 400 werknemers kan aflê nadat die aanleg op 17 April deur ’n brand verwoes is. Elf werkers is in die brand dood.
Die Federasie van Suid-Afrikaanse Vakbonde het Vrydag die gevra dat Paarl Print moet onderhandel oor werksekuriteit vir al die werkers wat deur die brand geraak word, veral in die lig van die huidige finansiële krisis.
Intussen sal die SA Typography Union (Satu) o.a. R20 000 betaal aan elke gesin wat ’n geliefde in die brand verloor het.