Saturday, 25 April 2009

R200 miljoen vir ANC-verkiesingsveldtog

Die ANC se verkiesingsveldtog het ’n begroting van ongeveer R200 miljoen gehad.

Volgens die party se woordvoerder, Jesse Duarte, is die veldtog deur die kaders gedryf en is die meeste werk intern gedoen.

"Ons het ook ’n advertensie-agentskap aangestel, soos almal maar doen,” het sy gesê.

Die nasionale verkiesingspan is aangevoer deur Ngoako Ramatlhodi en Nomvula Mokonyane.