Namate die uitslae van Suid-Afrika se verkiesing aangekondig word, wag beleggers om te sien wie in die nuwe kabinet aangestel gaan word, sê Peter Montalto, ’n senior ekonoom in ontluikende markte by die Japannese bank, Nomura.
Hy sê hulle is op soek na bewyse dat Jacob Zuma mense op meriete gaan aanstel en nie op grond van voorkeur nie. Veral belangrik is die pos van adjunk-minister van finansies, en of iemand aangestel gaan word om oor ’n jaar of wat die leisels by Trevor Manuel oor te neem.
Volgens Montalto reageer die markte nog nie op die verkiesingsuitslae nie.