Baie het geglo dat die elektroniese era die einde van lees sou beteken, maar die Internet het die teenoorgestelde veroorsaak – ‘n tuiste geskep vir spesialisboekwinkels asook boeke goedkoper en makliker aan lesers beskikbaar gestel.
Internetkenners meen lees is nou meer gewild as ooit, met boeke makliker en goedkoper verkrygbaar as ooit tevore. In sommige gevalle is aflewering selfs verniet.