Tuesday, 21 April 2009

Sukkelende rand nie verkiesing se skuld

Die swakheid van die rand is nie te wyte aan Woensdag se verkiesing nie, het RMB Dinsdag gesê.
Dit sal’n paar dae neem om die uitslae te finaliseer, maar die uitwerking van wêreldmarkte sal waarskynlik alles oorskadu. Volgens RMB verhandel alle markte steeds volgens een sentrale tema: die diepte en omvang van die wêreldresessie.

Die rand sal na verwagting Dinsdag in ’n reeks van 9.00–9,25 teenoor die dollar verhandel.