In Duitsland, een van die min lande waar prostitusie wettig is, het die seksindustrie met sy eie ekonomiese stimuluspakket vorendag gekom: moderne bemarkingsmetodes, terugbetalings en allerhande aanbiedings om die dalende vraag teen te werk.
Bordele berig dat omset met tussen 30 en 50% gedaal het.
Sommige klubs het pryse gesny of bied ekstra dienste gratis aan, terwyl ander ’n laer alles-in-een-tarief vra. Gratis bussies, afslag vir seniors en taxibestuurders, asook “dagpasse” is van die bemarkingstrategieë wat gebruik word om die oudste professie ter wêreld ’n hupstoot te gee.